Welkom by Afrineurs, ʼn netwerk van mense soos jy

Die eerste en grootste Suid-Afrikaanse entrepreneursnetwerk waar jy inspirasie, motivering, advies en vele meer kry, terwyl jy ook jou eie kennis deel.

Is entrepreneurskap jou passie?

Reeds ʼn suksesvolle entrepreneur?

Skep ʼn nalatenskap in groepe, met idees en geleenthede wat waarde gee aan ambisieuse en vroeëfase-entrepreneurs.

Is entrepreneurskap jou passie?

Ontmoet passievolle Suid-Afrikaners wat woeker op verskillende vlakke van entrepreneurskap en deel jou passie!

Soek jy inspirasie?

Neem deel aan fantastiese programme, groepe en mentorskap vir die nodige ondersteuning en motivering.

Wil jy entrepreneurs help?

Deel jou dienste en produkte wat entrepreneurs help en ontdek nuwe geleenthede en netwerke.

Nog ʼn entrepreneurs-groentjie?

Neem deel aan programme en groepe en leer by suksesvolle entrepreneurs en afrigters om slaggate op jou pad te vermy.

Soek jy ondersteuning?

Deel jou frustrasies, probleme en idees, vra raad en vind hulpbronne en gereedskap wat jou omstandighede verstaan.

Wie trek jou handbriek op?

Maak jou handbriek los in die Afrineurs-gemeenskap met 3 eenvoudige stappe

Stap 1

Omring jouself deur positiewe, suksesvolle entrepreneurs wat positiewe groepsdruk in jou lewe toepas.

Stap 2

Deel dit wat jy wil bereik en ontwikkel ʼn plan met ander se hulp, sonder kritiek.

Stap 3

Kry mense wat in jou glo, jou motiveer en jou aanspreeklik hou om jou planne uit te voer.

Sluit aan by Suid-Afrika se grootste Afrikaanse entrepreneursgemeenskap en kom deel jou kennis! Ons het jou nodig!

Afrineur kostes

Play Video

Gratis Lidmaatskap

Altyd Gratis

R0
Afrineurs forumgesprekke
Afrineurs entrepreneursnetwerk
Waardevolle inligting en insig

Platinum Lidmaatskap

Beste waarde vir Geld

R197/per month
Alles wat die normale Afrineurs ontvang
Afrineurs T-hemp
Afrineurs inspirasiebandjies
Toegang tot Afrineurs se jaarlikse seminaar
Al Afrineurs se aanlyn kursusse
Afrineurs sosiale toepassing (app) vir jou foon
Afrineurs hulpbronne en gereedskap

Kyk wat sê ander Afrineurs

Bertus Steenkamp
Bertus SteenkampStigter van Afrineurs
Read More
Ek het vroeg in my lewe vinnig ongelooflik goed presteer as entrepreneur, maar het nog baie vinniger alles wat ek opgebou het, weer verloor en ʼn diep gat vir myself gegrou. Ek was eensaam in my eie gat. Goeie vriende wat dieselfde passie as ek het, het my met min moeite gehelp met hulle positiewe invloed. So is ek vinniger uit my gat as wat ek daarin beland het. Ek glo in positiewe groepsdruk, en dit is presies wat jy in die Afrineurs-gemeenskap kry.
Willie van Dyk
Willie van Dykwww.valuesmart.co.za
Read More
Dis lekker om in Afrikaans met positiewe Suid-Afrikaners jou passie te deel. Ek het my beste kliënte ontgin in die Afrineurs-gemeenskap en eerstehands gesien hoe hul lewens en besighede groei. Afrineurs het ʼn ongelooflike invloed op my en ander se lewens. Lidmaatskap is ʼn moet vir enige Afrikaanse entrepreneur.
Eugene van der Merwe
Eugene van der Merwe www.mycoach.co.za
Read More
Afrineurs is ʼn positiewe groep mense. Ek is mal oor die manier hoe ons mekaar motiveer met ons prestasies en foute. As besigheidsafrigter is ek ʼn groot voorstander van “accountability” en die Afrineurs-gemeenskap doen dit uit gewoonte. Dit maak my ʼn trotse Afrineur.
Francois Chapman
Francois Chapman www.wiredin.co.za
Read More
Alle Afrineurs is my vriende en my vriende is die met wie ek my sukses en mislukkings kan deel sonder negatiewe toevoer. Ek het ontdek dat as ander iets kan doen, dan kan ek ook, en my mede-Afrineurs het my geïnspireer om binne drie maande my verkope op www.wiredin.co.za met 500% te groei. Ek is mal oor Afrineurs en is vandag die mede-potgooi-aanbieder.

Afrineurs is ʼn fantastiese geleentheid wat jou met die mag van positiewe groepsdruk help om te groei in entrepreneurskap.

Sluit aan by Suid-Afrika se grootste afrikaanse entrepreneur gemeenskap.

Sluit aan by Suid-Afrika se grootste Afrikaanse entrepreneursgemeenskap en kom deel jou kennis! Ons het jou nodig!

Lekker!

Wil jy deel raak van die Afrineurs-gemeenskap wat mekaar help om sukses en geluk te vind?
Registreer vandag met slegs jou naam en e-posadres en kry GRATIS toegang tot die netwerk van Afrikaanse entrepreneurs.

Kry Gratis Lidmaatskap!

Die een hand was die ander. Waarvoor wag jy? Kom deel jou gedagtes, frustrasies en probleme, en vra raad terwyl jy ander help met jou kennis.